Marianne se lekker plat broodjie
- Marianne Jacoby
- Feb 22, 2015
- 1 min read

3 koppies broodmeel 2 koppies bruismeel 2 telepels gelyke sout 4 telepels suiker 1 koevertjie kitsgis 2 koppies lou melk met sommer baie olyfolie in. Hou ekstra louwater byderhand indien jy nog klammigheid nodig het vir die knie.
Knie die brood soos jy gewone brood sal knie. Voeg ekstra margarine vir jou hande by en ook meel indien jy dit benodig. Maak toe en laat rys.. Nou hierso kan jy nou doen wat jy wil. Dit is wat ek doen . Ek rol die deeg uit. Nou nie vreeslik dun nie. Neem botter op n telepel en smeer dit oor die deeg, dan garlic en chillie en parmesan kaas, sommer so rogweg en die chilli ook so strepe. Vou hom toe of rol hom op dan doen ek dieselfde weer bo op en laat goed rys weer. Bak by 180 vir so 15 - 20 minute. Afhangende na jou oond. Geniet!! dit is vreeslik lekker met botter en Kaas en selfs net so!!
Comentarios