top of page

Geurige pampoen en chakalaka gebak

  • Nonnie Dedekind
  • Mar 22, 2014
  • 1 min read

Dit is 'n geurige pampoengereg en 'n lekker afwisseling van soetpampoen. Jy kan enige pampoensoort gebruik, ek verkies botterskorsies.

Vir 'n bykos vir ses mense het jy nodig:

3 koppies gaar pampoen,

1 gekapte groot ui,

1 gekapte knoffelhuisie,

1 gekapte soetrissie (groen),

1 teelepel fyn kardamomsaad,

'n knippie fyn naeltjies,

1 teelepel matige kerrie,

1 blikkie matige chakalaka of 300 ml tuisgemaakte chakalaka,

1 k gerasperde kaas.

Stel jou oond op 180 C om solank warm te word.

Braai die ui, knoffel en soetrissie in olyfolie tot sag. Voeg die kardamomsaad, naeltjies, kerrie by die uiemengsel en roerbraai alles deurmekaar vir 'n minuut of wat.

Meng nou die pampoen by hierdie mengsel sodat jy lekker gegeurde pampoen het.

Skep die pampoen in 'n plat groentebak en smeer die chakalaka eweredig bo-op. Besprinkel met die gerasperde kaas.

Bak nou in die oond vir 'n halfuur tot die kaas verbruin en alles lekker warm is.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page