BOTTERSKORSIE TERT
- The Rainbow Team
- Jun 10, 2014
- 1 min read
1 Pakkie filodeeg
125 ml botter
2 uie in repies gesny
1/2 voorbereide botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
Vars tiemie
Olyf OlieSout en peper
Feta kaas
Vars koljander blare
Om uie te karameliseer, sit in 'n braaipan op medium hitte met bietjie olyf olie.
Braai stadig tot sag, bruin en effens stroperig
Bak botterskorsie in die oond, sprinkel met olyf olie, sout en peper en vars tiemie
Smeer filodeeg met gesmelte botter, ongeveer 5/6 lae met n botterlagie tussen elke vel filideeg
Begin met uie, smeer op die bodem, plaas gaar botterskorsie bo-op en bestrooi met feta kaas
Bak in oond vir ongeveer 20 min tot deeg verbruin
Garneer met vars koljander blare
Sit voor warm of teen kamer temperatuur.
コメント