RHONA SE PAMPOENKOEK
- The Rainbow Team
- Jun 10, 2014
- 1 min read
Roerbraai pampoenblokkies in suiker, margarien, ½ teelepel gemmer en kaneel elk en knippie sout tot net sag.
DEEG
90 ml sagte botter
310 ml (1 ½ koppie) strooisuiker
440 ml (1 ¾ koppie) koekmeel
125 ml ( ½ koppie) louwarm melk
2,5 ml ( ½ teelepel) sout
2 eiers
15 ml (1 eetlepel) bakpoeier
5 ml (1 teelepel) vanillageursel
Meng al die bestanddele deur met ‘n houtlepel en klits vir 2 minute met ‘n elektriese klitser.
Sprei deeg uit in ‘n diep pasteibak.
Gooi pampoenblokkies bo-oor.
Bak vir 30 minute by 180 grade Celcius
Gooi sous oor warm koek.
Dit kan as soet bykos gebruik word. Met geklopte room as tert. Met vla of karamelsous as nagereg.
SOUS
1 koppie suiker
1 koppie melk
3 eetlepels botter
Kook vir 15 minute en gooi warm oor pampoenkoek sodra dit uit die oond kom.
Bron: Rhona Peens
Comments