RIANA SE PAMPOENTERT
- The Rainbow Team
- Jun 10, 2014
- 1 min read
Vries hierdie tert gerus – dit vries baie goed.
Maak 1 middelslag-tert
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 35-40 minute
125 g sagte botter
200 ml suiker
3 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
750 ml (3 k) boerpampoen,
geskil en grof gerasper
250 ml (1 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
2 ml (. t) sout
kaneelsuiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n 25 cm-tertbord met botter.
1.Room die botter en suiker en voeg die eiers een vir een by. Klits tot goed gemeng.
2.Voeg die vanieljegeursel en pampoen by en meng goed.
3.Sif al die droë bestanddele behalwe die kaneelsuiker saam en vou by die pampoenmengsel in.
Bron: Riana Barnard
4.Giet in die tertbord en bak 35-40 min of tot gaar.
5.Sprinkel die kaneelsuiker oor en sit voor as bykos.
Wenk
Maak ’n neutstrooisel: Meng 15 ml (1 e) botter en roerbraai 60 ml (¼ k) elk amandelvlokkies en gekapte pekanneute 1-2 minute. Voeg 30 ml (2 e) pampoensade by. Besprinkel met 30 ml (2 e) bruinsuiker en roerbraai tot dit effens gekaramelliseer het. Sprinkel oor die gaar pampoentert
Comments