top of page

HERFSPASTA

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jun 11, 2014
  • 1 min read

Botterskorsie, spekvleis, bloukaas en spinasie met geroosterde dennepitte op (verkieslik) tuisgemaakte pasta. Ek braai die bestanddele altyd in 'n groot wok. Dis dan baie makliker om die pasta en spinasie deur te meng sonder om die botterskorsie pap te druk.

500 g pasta van jou keuse

1 pak (250 g) repiespek, gesnipper

500 g botterskorsieblokkies

1 pak (300 g) Engelse spinasie (baba-spinasie)v Handvol dennepitte, liggies gerooster

Sout en swartpeper na smaak

100 g bloukaas, grof gekrummel

Kook die pasta in 'n groot pot soutwater met 'n skeut olie by tot net-net sag. Braai intussen die spekstukkies in 'n groot pan (of wok) bros. Terwyl die spek braai, stoom die botterskorsieblokkies vir ongeveer 3 minute in die mikrogolf. Haal uit die voeg by die spek in die pan. Braai tot goudbruin en gaar. Voeg die dennepitte by en verwyder van die hitte. Dreineer die pasta en voeg die kokende pasta saam met die spinasieblare by die botterskorsie-en-spekmengsel. Meng versigtig deur sodat die hitte en stoom die spinasie laat verlep. Voeg laaste die bloukaas by en geur met sout en peper. Sit dadelik voor. Genoeg vir ses mense.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page