MANDARYN PAMPOEN
- The Rainbow Team
- Jun 11, 2014
- 1 min read
Gedroogte skil van 6 mandaryne
500g Pampoen geskil en in blokkies gesny
100ml olie
250ml suiker
1/2 teelepel sout
1/8 teelepel swart peper
Week die gedroogte mandaryn skille in 2 koppies kookwater
Braai die pampoenblokkies in die olie en suiker.
Voeg die sout en swart peper by.
Voeg die mandarynwater by.
Sny 2 eetlepels mandaryn skil in repies en voeg by.
Kook tot die stroop helder word en die pampoen sag is.
Bron: Corne Liebenberg
Comments