PAMPOENPUREE MET GEURE VAN NOORD-AFRIKA
- The Rainbow Team
- Jun 11, 2014
- 1 min read
Amper soos fynaartappel, maar die kleur en geur hiervan sal 'n vaal bord vinnig opkikker. Sit dit voor met geroosterde vark, lamsvleis of selfs by steak.
1 kg pampoenblokkies
10 ml komyn
5 ml fyn koljander
Olyfolie
180 ml warm melk
100 g botter
Sout en peper na smaak
45 ml gerasperde gruyere of Parmesaankaas
Voorverhit die oond tot 200 °C. Gooi die pampoenblokkies in 'n oondbak en sprinkel die speserye oor. Drup 'n bietjie olyf-olie oor en meng deur met jou hande. Trek 'n vel aluminiumfoelie oor die oondbak en bak vir ongeveer 40 minute tot sag. Keer alles uit in 'n groot kastrol en voeg die melk en botter by. Druk goed fyn en geur met sout en peper. Roer die Parmesaankaas by en sit dadelik voor. Genoeg vir vier tot ses mense.
Comments