VINNIGE PAMPOENVULSEL
- The Rainbow Team
- Jun 11, 2014
- 1 min read
Gebruik om pannekoek of vars pasta te vul, om die heerlikste pampoen-lasagne te maak of bak dit eenvoudig tot ferm en sit voor as bykos.
500 g pampoenblokkies
Olyfolie, sout en peper na smaak
Fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
1 ekstra-groot eier
500 g ricotta
Voorverhit die oond tot 180 °C. Besprinkel die pamoenblokkies met die olie, sout en peper, bedek met foelie en bak tot baie sag. Laat afkoel en druk fyn. Meng die pampoenmoes met die suurlemoenskil, eier en ricotta en gebruik soos hierbo beskryf.
Bron: Landbouweekblad, 16 Maart 2007
Comentários