APPELPANNEKOEKE
- The Rainbow Team
- Jun 18, 2014
- 1 min read
2/3 koppie meel
2 teelepels suiker
¼ teelepel sout
4 geklitste eiers
½ koppie melk
2 ekstra eetlepels suiker
2 groot appels, geskil, die stronk uitgehaal en in dun skywe gesny.
¼ teelepel kaneel
bietjie versiersuiker
Meng die meel,die 2 teelepels suiker en sout en hou eenkant. Klits die eiers en melk saam in ‘n groot mengbak en roer die meel bietjie vir bietjie daarby tot dit gladde beslag is. Smelt bietjie botter in ‘n pan en kook die appelskywe liggies daarin tot dit sag is. Meng die 2 eetlepels suiker met die kaneel en roer dit versigtig by die appels in. Smelt 2 eetlepels botter in ‘n medium grootte pan en giet die beslag daarin tot so ‘n ¼ duim diepte. Bak tot die borreltjies wat bo-op vorm begin bars en die pannekoek begin stol. Skep ¼ van die appels bo-oor en bedek met ‘n laag beslag. Laat toe om te stol en draai dan die pannekoek versigtig om sodat die bokant ook kan verbruin. Herhaal die proses om 3 meer pannekoeke te maak. Bestrooi dit liggies met versiersuiker en bedien
Bron: Adam Cloete
Comments