DUITSE APPELTERT
- The Rainbow Team
- Jun 18, 2014
- 1 min read
3 eiers
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) suiker
80 ml (¹/³ k) olie
15 ml (1 e) botter
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) koekmeel
100 ml karringmelk
2 blikke (400 g elk) tertappels, gedreineer
STROOISEL
knippie fyn kaneel
knippie fyn naeltjies
50 ml rosyntjies
SOUS
30 ml (2 e) botter
180 ml (¾ k) melk
180 ml (¾ k) suiker
Voorverhit die oond tot 170 °C.
Smeer twee tertborde of -bakke met botter.
Klits die eiers en sout met ’n elektriese klitser. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geklits word.
Plaas die olie en botter in ’n mikrogolfbak en mikrogolf tot gesmelt. Voeg by die eiermengsel.
Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die karringmelk by die eiermengsel. Meng goed.
Versprei die appels in die voorbereide tertborde en giet die beslag bo-oor.
STROOISEL Meng al die bestanddele saam en sprinkel oor die terte. Bak 45 minute in die verhitte oond.
SOUS Kook al die bestanddele saam en skep lepels vol oor die tert terwyl dit nog warm is. Sit warm of koud voor saam met room of roomys

Comments