top of page

DUITSE FRIKADELLE

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jun 18, 2014
  • 1 min read

Mev. Grünewald van Walvisbaai in Namibië se frikkadelle kry ’n heerlike Duitse geurtjie met dié dat sy soetrissie, agurkies en mosterd bymeng. Dit gaan vir seker ’n groot staatmaker in menige kombuis word.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

FRIKKADELLE

800 g maalvleis

1 groot ui, gerasper

60 ml (¼ k) pietersielie, fyn

gekap

10 ml (2 t) mosterdpoeier

3 ekstra groot eiers

250 ml (1 k) vars broodkrummels

½ geel soetrissie, fyn gekap

½ groen soetrissie, fyn gekap

4 groot agurkies, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

olyfolie

botter

SOUS

olyfolie

2 uie, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, fyn gekap

10 ml (2 t) mosterdpoeier

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

sout en peper

FRIKKADELLE

Meng die maalvleis, ui, pietersielie, mosterdpoeier, eiers, broodkrummels, soetrissies en agurkies en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat rus die mengsel ’n paar minute en vorm die mengsel dan in groot frikkadelle, sowat 100 g elk. Verhit van die olyfolie en die botter en braai oor matige hitte tot gaar.

SOUS

Verhit olie in ’n pan en braai die uie en knoffel ’n paar minute. Roer die mosterd en aftreksel by, laat prut sowat 5 minute. Geur na smaak en plaas die frikkadelle in die sous. Laat prut nog ’n paar minute en sit voor saam met fyn aartappels.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page