WIT BOONTJIESOP
- The Rainbow Team
- Jun 18, 2014
- 1 min read
500g Harricot boontjies
12 koppies water
250g ham in blokkies gesny
2 eetlepels gekapte pietersielie
2 gekapte uie
1 fyngemaakte knoffelhuisie
5 gekapte seldery stingels plus die blare
1 teelepel sout
Spoel die boontjies af, bedek dit met water in ‘n groot pot en laat oornag week. Dreineer die boontjies, spoel dit weer af en plaas terug in die pot. Giet die 12 koppies water daaroor en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 2 ure onbedek tot die boontjies sag is. Voeg dan al die ander bestanddele, behalwe die ham by en prut vir nog een uur. Voeg die ham by en laat dit vir nog 10 minute kook. Bedien warm met die brood van jou keuse.
Bron: Adam Cloete

Comments