VIR SPYS EN DRANK - Program 2: Duitsland
- The Rainbow Team
- Jun 20, 2014
- 3 min read
Soos wat die duitsers verskillende dialekte praat in die verskillende dele van duitsland so verskil ook hulle eetgewoontes veral wat die middagete en feesgeleentheids ete aanbetref. Hier waar ek bly in die Lauzits word aspersies en agurkies aangeplant en veral in die lente maande word baie aspersies op verskillende maniere geeet. Hulle eet dit gewoonlik met koue ham en gekookte aartappels en n hollandaise sous daaroor of met n schnitzel daarby of hulle maak dit as aspersie eintopf of as aspersie sop. Bv. oukersaand word net visgeregte geeet of aartappelslaai met geroogte vienners. Daar word dan geen vleis geeet nie. Hulle hou by hulle tradisie wat oor vele jare kom en van een geslag na die ander oorgedra word. Kersfees word gans of kalkoen geeet met rooikool, aartappels of klöse. Die duitser oor die algemeen is nie groot nagereg eters nie. Hulle hou liewer daarvan om middag hulle koffie met koek te eet en dan is dit meer terte wat met vasvrugte gemaak is wat in die seisoen verkrybaar is. In die somermaande eet hulle baie kompott wat van varsvrugte gemaak word want gekook word of ingele is. Aarbei en kersie tyd word verskillende nageregte daarmee gemaak en ook konfyt word daarvan gekook. Mens kan ook van kersies n koue kersiesop maak wat heerlik smaak en verfrissend is wanneer dit so warm is. Augustus September is gewoonlik kurbus tyd (pampoen) en die pampoen word op verskillende maniere voorberei en selfs nagereg word daarvan gemaak.
Ontbyt
Die duitser is glad nie lief vir spek en eiers nie. Hy eet dit werklik net as hy met vakansie is en daar net n kontinentale ontbyt aangebied word. Broodjies word vir ontbyt geeet wat vars elke dag by die bakkery gehaal word. Saam op die tafel kom egte botter, tuisgemaakte kontfyt, heuning, Nutella, verskillende soorte kaas en so klein bietjie kouevleis maar regtig nie veel vleis nie en dan natuurlik jogurt en vars uitgedrukte lemoensap. Natuurlik word koffie gedrink nie kits koffie nie regte koffie of vrugte tee. Die kinders kry n glasie melk of kakao saam met hulle broodjie.Dit is die ontbyt.
Middagete
Middagete is gewoonlik warm en dit hang ook af van watter tyd van die jaar dit is. Die winter en somermaande se middagete verskil baie van mekaar. In die somer word baie meer ligte geregte geeet en eintopf soos hulle dit noem wat meer uit groente of vis bestaan en baie min vleis kom daarin. Die eintopf kan mens met ons potjiekos vergelyk wat in een pot gemaak word amper soos n soort van sop maar dit is nie regtig sop nie. Sop word ook baie geeet selfs in die somer. Hulle is baie ingestel op hulle gesondheid en probeer soveel as moontlik groentes in die somermaande inkry om hulle liggame se immuniteit op te bou vir die koue wintermaande. In die winter word meer vleis geeet soos eisbein, vark, hoender, eend, gans, kalkoen, bees en saam dit eet hulle natuurlik baie aartappels, suurkool (sauerkraut), rooikool en ander groente wat in die winter beskikbaar is. Nagereg sal wees aarbeie,quark, jogurt, kompott, appelmouse, of koue poedings. Hulle eet nie soveel soet nie.
Aandete
Aandete word gewoonlik brood geeet. Saam op die tafel kom natuurlik verskillende soorte kouevleis, Vis, agurkies. kleintamaties, stukkies paprika, wortels en ook weer n groot verskeidenheid van kaas. Die volwassenes en kinders drink daarmee saam vrugte tee of n vrugtesap.
In die somermaande word ook graag gebraai maar nie soveel soos by ons nie en ook nie soveel verskillende soorte vleis nie. Saam met die braaivleis wat uit varkvleis en bratwors bestaan eet jy een of ander aartappelgereg, n slaai en n groetegereg wat op spiese gemaak is of in die oond gaar gemaak is. Daar word ook brood gebraai en net met knoffelbotter of kruiebotter geeet.
Deur: Susan Gravenkamp
Comments