Canjica – Brasiliaanse mielie nagereg
- The Rainbow Team
- Jun 25, 2014
- 1 min read
Week 500g mielierys of stampmielies oornag in water. Kook die mielierys of stampmielies nadat dit oornag geweek is vir +- 50minute totdat dit lekker sag is. Gooi die oortollige water af en voeg 1 blikkie kondensmelk, 1 blikkie klappermelk en 2 en ‘n halwe koppies melk by die mielierys of stampmielies. Meng alles goed saam. Voeg 2 kaneelstokkies, 10 heel naeltjies, halwe teelepel kaneel en 5 eetlepels suiker by, bring tot kookpunt en laat dit dan vir +- 20minute prut – roer af en toe. Meng 2 koppies fyn klapper by en ook 1 eetlepel fyn gekapte ongesoute, geroosterde grondboontjies by. Bedien met vars room.
댓글