COMPLETA
- The Rainbow Team
- Jun 25, 2014
- 1 min read
1 gerookte varkskenkel (Eisbein)
500g maalvleis (vark of beesvleis of gemeng)
3 repe vark-rashers of varkspek, fyn gesny
4 chorizoworsies of Russians
1 groot ui, fyn gesny
1 selderystengel, fyn gesny
3 huisies knoffel, fyn gesny
1 - 3 klein rooirissies (of 5 ml rissiepoeier), na smaak, ontpit, fyn gesny
½ rooi soetrissie, ontpit en fyn gesny
½ groen soetrissie, ontpit en fyn gesny
1 blik gebakte boontjies, met sous
1 blik gemengde boontjies (of rooiboontjies of 1 chili-boontjies), gedreineer
1 blik fyngesnyde tamaties
1 eetlepel tamatiepasta
1 eetlepel suiker
5 ml droë gemengde kruie
sout na smaak
peper na smaak
5 ml komyn
25 ml sonneblomolie
Kook die varkskenkel in ‘n prutpot tot gaar.
Haal uit, sny vleis af en sny vel in klein blokkies (of gooi weg).
Verhit olie in pan.
Braai ui, seldery, en rissies tot glasig.
Voeg maalvleis, spek, knoffel en soetrissies by en roer tot vleis net gaar is.
Haal uit en hou eenkant.
Braai worsies tot gaar.
Haal uit en sny in dun ringetjies.
Voeg alles bymekaar laat dit prut vir 10 minute.
Voeg sout by indien nodig.
As dit droog kook, gooi ‘n bietjie water by.
Bedien op rys.
Commenti