LAMINGTONS
- The Rainbow Team
- Jul 2, 2014
- 1 min read

Bestanddele
4 eiers
325 mℓ suiker
250 mℓ botter, gesmelt
750 mℓ meelblom
10 mℓ kremetart
2,5 mℓ sout
250 mℓ melk
5 mℓ koeksoda
Metode
1. Klop die eiers en suiker saam tot romerig.
2. Voeg die botter by.
3. Sif die meel, kremetart en sout saam.
4. Voeg nou die meelmengsel en melk om die beurt by die suikermengsel.
5. Los die koeksoda op in ’n bietjie melk en voeg by die mengsel.
6. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde koekpan en bak vir 15 minute teen 200ºC.
7. Haal uit die oond uit en sny dit in blokkies sodra dit afgekoel het.
8. Maak die versiersel aan.
Bestanddele
500 g versiersuiker
125 g botter
30 mℓ kookwater
5 mℓ vanillageursel
50 mℓ kakao
2,5 mℓ amandelgeursel
1. Meng al die bestanddele deeglik saam.
2. Bedek die blokkies met die versiersel.
3. Rol in klapper en laat droog word.
Hierdie resep het oorspronlik verskyn op www.kookkuns.com, 'n webwerf wat jou mond behoorlik sal laat water. Besoek dit gerus vandag nog!
Comments