HOLLANDSE BOONTJIESOP
- The Rainbow Team
- Jul 6, 2014
- 1 min read

250 g rooi gespikkelde suikerbone
1 klein gerookte Hollandse wors
500 g sopvleis en – bene
2 groot uie, in skywe gesny
15 ml sout
30 ml alfabet – of nommernoedels
2 ℓ water (ongeveer)
5 groot aartappels
METODE:
1. Week die bone in kookwater ongeveer 8 uur lank met die deksel op.
2. Sny die wors in dun skyfies.
3. Plaas die bone, wors en die res van die bestanddele in ʼn drukkastrol met die aar-
tappels heel bo-op.
4. Kook dit 1½ uur lank oor matige hitte. Skakel die plaat af en laat dit afkoel.
5. Verwyder die aartappels en druk dit fyn. Skep dit terug in die kastrol en roer dit
goed deur.
Comments