Hollandse ertjiesop
- The Rainbow Team
- Jul 6, 2014
- 1 min read

Bestanddele
225g gesplete droë ertjies
1.5 liter koue water
500g kasselse rib of gerookte varkblad
2 groot aartappels, geskil en opgesny
3 preie, opgesny
1 ui, opgesny
1 Hollandse rookwors of ‘n pakkie varkworsies
15ml fyn gekapte vars seldery
sout en gemaalde swartpeper
15ml gekapte vars pietersielie
growwe bruinbrood of pompernikkel
room (opsioneel)
Metode
Week gewaste ertjies oornag in 1.5 liter koue water. Voeg die vleis, aartappels, preie, uie en seldery by die ertjies en water en prut stadig tot die vleis sag is. Roer nou en dan om te voorkom dat die ertjies aanbrand. Voeg die rookwors of varkworsies by en prut nog 15 minute lank. Geur na smaak en voeg die gekapte pietersielie by. Sit die sop voor met growwe bruinbrood of pompernikkel. ‘n Bietjie room kan by die sop gevoeg word.
Komentarze