Hollandse kaneelstafies
- The Rainbow Team
- Jul 6, 2014
- 1 min read
200 g botter
60 ml witsuiker
375 ml koekmeel
5 ml kaneel
1 eier
30 ml fyngekapte amandels
15 ml witsuiker
Voorverhit die oond tot 180 °C. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die meel en kaneel by. Smeer die mengsel in ’n ongesmeerde pan van 32,5 x 23 cm. Klits die eier en verf die bokant van die deeg daarmee. Prik die deeg met ’n vurk en sprinkel die amandels en suiker bo-oor. Bak vir 20-25 minute lank. Plaas op ’n draadrak en laat 5 minute lank afkoel. Sny in stafies. Lewer 12 stafies.
Landbouweekblad, 10 Julie 2009
Comments