Hollandse pofpannekoek
- The Rainbow Team
- Jul 6, 2014
- 1 min read
deur Herman Lensing
(genoeg vir 4)
4 groot eiers
250 ml melk
140 g (250 ml) koekmeel, gesif
50 g (60 ml) strooisuiker
2 ml sout
sap en skil van 1 suurlemoen
80 ml botter, gesmelt
180 g frambose of enige ander bessies
versiersuiker vir oorsif
1 liter sjokoladeroomys
Verhit oond tot 200 °C. Meng eiers, melk, koekmeel, suiker, sout, sap en skil van suurlemoen saam tot gladde beslag. Laat rus vir 20 minute terwyl jy twee 30 cm-gietysterpanne in die oond sit om warm te word. Haal die panne uit die oond en verdeel die gesmelte botter tussen die twee.
Verdeel ook die beslag tussen die twee panne en sprinkel bessies oor. Plaas terug in oond en bak vir 15 – 20 minute of tot bokant goudbruin en bros is. Sif versiersuiker oor en sit dadelik voor met sjokoladeroomys.

Comentarios