HOLLANSE APPELTAART
- The Rainbow Team
- Jul 6, 2014
- 1 min read
Bestanddele:
250 g botter
1 koppie suiker
1 eier
3 k koekmeel
125 g fyn appelkooskonfyt
10 groot appels (geskil en in skywe gesny)
4 e kaneelsuiker
½ k fyn amandels
1 k rosyne ingelê in rooi muskadel
1 x 30 cm losboompan
Metode:
Smelt die botter in die mikrogolfoond. Voeg suiker by en meng tot lig en romerig. Voeg eier by die bottermengsel en meng goed. Voeg die koekmeel by en meng goed.
Spuit die koekpan met ‘n kleefweermiddel. Voer die bodem en kante uit met die deeg en sit die deeg wat oorbly eenkant. Smeer appelkooskonfyt bo-oor die deeg. Skep die helfte van die appels in die pan. Strooi 2 eetlepels kaneelsuiker, ‘n halwe koppie rosyne en ‘n kwart koppie fyn amandels oor.
Skep die oorblywende appels in en strooi die res van die kaneelsuiker, rosyne en fyn amandels oor. Voeg ‘n bietjie koekmeel by die deeg en krummel die res van die deeg bo-oor. Bak tot ligbruin by 180 ºC.

Comments