Julie se Bidkis (Hollandse frikadelle)
- The Rainbow Team
- Jul 6, 2014
- 1 min read
500g maer maalvleis (maak ± 6 frikadelle)
1 ui, gerasper of fyngekap
2 eetlepel pietersielie, fyngekap
2 snye bruinbrood in water geweek, uitgedruk
1 eetlepel Holsumvet, gerasper
1 teelepel sout
1 eetlepel gemengde kruie
1 koppie tamatiesous
1 klein houertjie gewone joghurt (175ml)
1 koppie koue water
Meng al die bestanddele behalwe die tamatiesous, joghurt en water goed saam.
Voeg die water bietjie vir bietjie by tot die regte dikte bereik is om’n frikadel te vorm - nie te slap nie ook nie te styf nie.
Vorm balletjies en druk hulle plat.
Rol in koekmeelblom en braai bruin albei kante.
Pak skuins-regop in vuurvaste bak met ’n deksel.
Gooi die tamatiesous en laastens die joghurt oor.
Bak teen 180 grade C vir 45 minute met deksel op.
ความคิดเห็น