top of page

Krokette en Bitterballen

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 6, 2014
  • 3 min read

As daar een ding is wat ek enige tyd van die dag of nag kan en sal eet, is dit vleis krokette of soos wat hulle dit in Nederland noem – Bitterballen.

Ek het op ‘n stadium meer as een keer ‘n week ‘n baie lang ompad gery oppad werk toe want daar is ‘n Hollandse bakkery in Edenvale wat die beste krokette nog ooit maak.

So ‘n week of wat terug het hulle op die tv program Pasella Bitterballen gemaak, wat my mond behoorlik of amper onbehoorlik laat water het. Ek het toe besluit om bietjie verder oor krokette te gaan navors.

Krokette en Bitterballen se bestandele is dieselfde maar hulle verskil en grootte en vorm.

‘n Kroket is die groter een en in die vorm van ‘n langwerpige ronde wors. Bitterballen is soos die naam, bal vormig maar klein – amper net te groot vir een happie.

Bitterballen het hulle naam gekry as gevolg van die Nederlandse volks kultuur om dit saam met die alkoholiese drankie Bitters te geniet. Bitters is ‘n alkoholiese drankie wat gemaak word van onder andere cassia wat die buitenste gedeelte is van kaneel, daarmee saam cascarilla wat ‘n spesery is en lemoenskil en nog ander kruie kombinasies wat Bitters die kenmerkende bitter smaak gee. Bitters was oorsponklik as medisyne vir maagaandoenings gebruik.

Die kroket mengsel bestaan uit ‘n dikkerige bechamel sous, fyn gekapte pietersielie en fyn gemaakte vleis.

Die vleis moet fyn opgesny word en dan bietjie met ‘n vleishammer geslaan word om ‘n lekker fyn opgebreekte tekstuur te verkry. Jy meng dan die vleis in die bechamel sous in, en voeg ook die opgekapte pietersielie by. Die mengsel kan jy dan verder geur met sout en peper indien nodig. Die mengsel moet hierna in die yskas gebere word om koud te word, sodat jy dit in balletjies van so 3 – 4cm in deursnee kan rol vir die Bitterballen, of ‘n lang wors vorm ook so 3 – 4cm dik vir krokette. Jy sny dan die lang wors op in kleiner +-10cm worsies

Jy kan na jy die rolletjies gerol het dit weer in die yskas bere om net weer lekker ferm te word sodat jy dit makliker kan hanteer. Nou rol jy die Bitterballen en krokette eers in meel en dan in geklitste eier mengsel en dan in fyn broodkrummels. Bak dit dan in diep warm olie tot goudbruin. Tradisioneel word die krokette of Bitterballen met mosterd bedien.

Krokette word met verskillende soorte vleis gemaak en party resepte het ook groente by soos blokkies wortel, aartappel of ertjies. Ek verkies natuurlik ‘n kroket met soveel vleis as moontlik. Oorskiet vleis soos skaapboud, biefstuk of varkboud en selfs ook oorskiet braaivleis kan opgesny word en saam met uie gebraai word en selfs in ‘n voedselverwerker fyner gemaak word. Pasop net dat jy nie ‘n patee maak nie. Jy kan ‘n tikkie neutmuskaat byvoeg en ‘n eetlepel suurlemoensap by die vleis mengsel werk ook lekker.

Vir viskrokette gebruik jy ‘n mengsel van bechamel sous, gevlokte vis soos bv. gerookte snoek of skelvis of selfs net stokvis. Dan meng jy 1 teelepel gekapte knoffel, 4 eetlepels gekapte pietersielie, 2 teelepels gerasperde suurlemoen skil in.

Vir hoender krokette gebruik jy oorskiet hoender wat fyn gemaak is, fyn opgesnyde soetrissies, pietersielie, fyn gemaakte aartappel, en ook spriet uie die kombinasie maak ‘n baie lekker kroket.

Nog ander kombinasies wat ek vinning kan noem is :

Bros gebraaide spek, parmesaankaas en kapok aartappels.

Garnale, bechamel sous, knoffel en suurlemoenskil.

Kapokaartappels, verouderde cheddarkaas, mozzarella kaas, spriet uie en soet mielies – ‘n vegetariese variasie.

nog ‘n vegetariese variasie is kapokaartappels en bokmelkkaas.

Al die variasies wat ek genoem het, het ‘n basis van bechamel sous en pietersielie in.

Jy kan regtig baie kombinasies probeer, sorg net dat jou mengsel dik genoeg is om te kan rol en vorm en dan in krummels gerol en gediepbraai kan word.

Op die blog is ook ‘n baie interressante blatjang resep wat van suur groen appels, vars aarbeie en vars gemmer gemaak word. Die blatjang is heerlik saam met die krokette en Bitterballen veral vegetariese krokette.

bitterballen.jpg

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page