Marokkaanse lamskenkels met spesery-droëvrugte
- The Rainbow Team
- Jul 15, 2014
- 1 min read

5 groot lamskenkels
sap van 2 suurlemoene
100 ml olyfolie
125 ml vars roosmarynblare, fyngekap
15 ml geroosterde komynsade, grofgekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 160 °C. Plaas die skenkels in ’n oondroosterbak. Gooi die suurlemoensap en olyfolie oor. Voeg die roosmaryn, komyn en knoffel by. Maak seker die vleis word goed met die kruie bedek. Geur met sout en swartpeper. Sit in die oond en rooster totdat die vleis lekker sag is. Dit sal so 2 uur neem. Berei intussen die spesery-droëvrugte.
Spesery-droëvrugte
125 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 droë brandrissie (opsioneel)
5 ml komynsade
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
2,5 ml borrie
2,5 ml gerookte paprika
250 ml droë appelkose, geweek in 125 ml water vir 30 minute
250 ml droë pruime, geweek in 125 ml water vir 30 minute
250 ml sultanas, geweek in 125 ml water vir 30 minute
sap van 2 lemoene
gerasperde skil van 1 lemoen
125 ml suiker
250 ml water
Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Voeg die ui, knoffel, brandrissie, komyn, gemmer, kaneel, borrie en paprika by. Braai alles saam vir so 5 minute. Voeg die droëvrugte by en van die orige water waarin die vrugte geweek het. Voeg die lemoensap, lemoenskil, suiker en water by. Laat prut vir 30 minute. Verwyder die kastrol van die hitte en laat staan tot jy dit benodig.
Comments