MAROKKAANSE QUICHE
- The Rainbow Team
- Jul 15, 2014
- 1 min read

BESTANDDELE
½ witbrood, in snye (Sny korsies af as jy so verkies)
1 koppie melk
2 bossies spinasie, in repies gesny
1 koppie grasuie
handvol vars koljander, gekap
2 teelelpels olyfolie
1 teelepel sout
1 knippie neutmuskaat
1 teelepel mosterdpoeier
1 koppie gladde maaskaas
3 avokados, fyngemaak
2 teelepels suurlemoensap
4 eiers, geskei
Week die brood in die melk, maar maak dit net nat - die brood moenie pap wees nie.
Braai die spinasie en grasuie vinnig in die olie, haal uit en meng met die maaskaas en mosterdpoeier.
Laat dit afkoel en maal dit in 'n menger tot fyn.
Hou eenkant.
Meng die suurlemoensap, avokado, brood, koljander, sout en neutmuskaat.
Voeg die mengsels bymekaar.
Klits die eierwit tot stywepunt.
Voeg by.
Plaas in tertbak.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.
Comments