Marokkaanse tamatiesous en lamstjops
- The Rainbow Team
- Jul 15, 2014
- 1 min read

30 ml olyfolie
2 uie, gerasper
15 ml gerasperde knoffel
10 ml gerasperde gemmer
2 stukke kassia
1,3 kg pruimtamaties, geskil, gehalveer en pitte verwyder
sout en fyn witpeper na smaak
45 ml heuning
’n knippie fyn kassia (opsioneel)
4 lamstjops, in ’n riffelpan gebraai
Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die uie sowat 4 – 5 minute tot sag en deurskynend.
Voeg die knoffel, gemmer en kassia by en braai nog 2 minute.
Voeg die tamatiehelftes by, roer goed en verhoog die hitte tot matig hoog tot dit begin borrel.
Kook tot die tamaties tot ’n dik puree verminder het en die meeste van die vloeistof verdamp het (sowat 1 uur).
Hou dit dop, roer gereeld en pas die hitte aan om te keer dat die mengsel brand.
Voeg sout en peper na smaak by en roer die heuning by.
Verlaag die hitte en laat prut nog 20 – 30 minute tot die mengsel taamlik dik is en al die vloeistof weggekook het.
Haal die kassia uit en voeg fyn kassia by indien verkies.
Sit dit warm of by kamertemperatuur voor oor die tjops.
Meer oor kassia: Kassia is van dieselfde familie as egte kaneel, maar dit het ‘n sterker geur wat beteken jy benodig minder daarvan in ‘n dis. Kassia is ook gewoonlik ‘n beter keuse vir disse eerder as vir soetgoed.
Comments