top of page

Italiaanse frikkadelle

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 22, 2014
  • 2 min read

Jan Lombard het die resep by 'n vlieënier van Europa gekry toe hy in Afghanistan gewerk het. Dit maak vier tot vyf porsies. “Ons het dit baie kere gemaak en jy kan nie juis 'n fout maak nie - en dis baie lekker. Boonop is dit baie goedkoop om te maak,” sê Lombard.

Bestanddele

500 g maalvleis

2 snye brood (wit of bruin) klam gemaak met water

1 eier

2 uie

2 tamaties

Klein blikkie tamatiepuree

2 tot 3 teelepels droë origanum of Italiaanse speserye

Fyn naeltjies

Spaghetti of noedels

Koekmeel

Kookolie

Wit en swart peper

Sout

Maak so

Meng die maalvleis, brood (wat verkrummel is), eier, knypie naeltjies, een gerasperde ui, witpeper en sout. Jy kan nou so eetlepel maalvleis in die mikrogolf gaarmaak om te proe of die smaak reg is.

Maak bolletjies - bietjie groter as gholfballe - en pak in oondpan wat met olie gesmeer is. Sit dit solank in die yskas (opsioneel).

Sny uie en tamaties op. Kry 'n sif en die koekmeel gereed en ook al die ander bestanddele. Soteer ui in 'n braaipan en voeg tamaties, eetlepel tamatie puree, origanum, sout en swartpeper by. Voeg 1 tot 2 koppies water by om sous te kook. As jy verkies kan jy brandrissies, knoffel of enigiets anders nou byvoeg.

Laat kook tot tamaties sag is en meng goed. Proe vir smaak. Terwyl jy roer, sif so een eetlepel meel stadig in tot sous verdik en 'n romerige tekstuur kry. Gooi sous oor frikkadelle en bedek met foelie. Bak in oond teen 180 grade vir 40 minute. Terwyl dit bak, kook die pasta. Bedien met sous en frikkadelle oor 'n bord pasta.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page