Italiaanse Passata
- The Rainbow Team
- Jul 22, 2014
- 1 min read
Maak ongeveer 1 ltr.
Bestanddele
15 ryp medium tot groot tamaties, (gehalveer).
1 groot rooi ui, (fyn gekap)
2 teelepels olyfolie.
4 knoffelhuisies (plat gedruk en goed gekneus).
1 teelepel vars Basiliekruid (fyn gekap)
1 Desertlepel tamatiepasta.
1 Desertlepel tamatie puree.
1 teelepel swartpeper. (grof gemaal)
Sout na smaak.
Maak nou so:
Plaas die tamaties, knoffel, basiliekruid en swart peper in 'n voedselverwerker en versap. In 'n groot pan braai die rooi ui in die olyfolie liggies totdat dit net goudbruin in kleur is. Voeg die ui nou in die voedselverwerker en versap. Gooi die voedselverwerker inhoud in 'n groot pan en bring tot kookpunt. Voeg die tamatiepasta en tamatiepuree by en meng baie deeglik. Laat dit nou liggies prut, roer gereeld vir 10 - 15 minute en laat dit afkook en verminder totdat jy die perfekte passata het.
Comentarios