Italiaanse salami en bloukaas bruschetta
- The Rainbow Team
- Jul 22, 2014
- 1 min read

deur Barbara Joubert
Hoe maak jy ‘n bruschetta?
Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
Draai om en rooster aan die ander kant.
Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
Gooi heelwat olyfolie oor.
Italiaanse salami en bloukaas bruschetta
Hier hoef jy niks te kook nie. Dis die kombinasie wat werk. Sit vars bronkors, 2 stukke salami en ’n lekker skyfblou kaas op die bruschetta. Bedruip met olyfolie en maal swartpeper bo-oor.
コメント