Italiaanse straat-pizza
- The Rainbow Team
- Jul 22, 2014
- 1 min read
deur Barbara Joubert
Ek was nog net een keer in Italië en my eerste pizza daar was ’n vierkantige stuk wat ek op straat gekoop het. Die deeg was dik soos brood en heerlik vullend.
(4 – 6 porsies)
Jy benodig
1 hoeveelheid pizza-deeg (sien verwante artikels)
tamatiesous (hoeveelheid 1)
sowat 150 g mozzarella-kaas, gerasper
sowat 8 – 10 snye salami van jou keuse
10 – 12 vars origanumblare (jy kan ook 5 ml droë origanum gebruik)
sowat 30 ml olyfolie
varsgemaalde swartpeper na smaak
Wanneer jou pizza-deeg tot dubbel die grootte gerys het, knie dit op ’n meelbestrooide oppervlak af. Rol deeg uit sodat dit in ’n bakplaat van 20 cm x 10 cm sal pas. Plaas deeg in die bakplaat en maak toe met kleefplastiek. Laat staan op ’n warm plek vir sowat 20 – 25 minute sodat dit weer ’n bietjie rys. Verhit jou oond tot 240 ºC. Smeer tamatiesous bo-op die deeg en sprinkel kaas egalig bo-oor. Rangskik salamiskywe bo-op en sprinkel vars of droë origanum oor. Drup olyfolie bo-oor en geur met swartpeper. Plaas pizza in die warm oond vir sowat 20 – 25 minute.
Comments