Italiaanse tamatiesop
- The Rainbow Team
- Jul 22, 2014
- 1 min read

(6 porsies)
8 groot rosa-tamaties
125 ml olyfolie
10 ml growwe sout
25 ml olyfolie
4 uie, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
500 ml hoenderaftreksel
handvol vars basiliekruid
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125 ml room (opsioneel)
Verhit jou oond tot 200 °C. Sny die rosa-tamaties in die helfte en plaas op ’n bakplaat. Sprinkel die 125 ml olyfolie en die growwe sout oor die tamaties. Plaas in die warm oond en rooster die tamaties vir ongeveer 15 minute. Verhit die 25 ml olyfolie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel, geroosterde tamaties en hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en kook vir 10 minute. Voeg die vars basiliekruid by. Versap die mengsel tot glad en geur met sout en peper. Jy kan die room byvoeg as jy ’n romeriger sop verlang. Garneer met fyngekapte rooi-ui en ’n vars basiliekruidblaar.
Comments