Panzanella (Italiaanse broodslaai)
- The Rainbow Team
- Jul 22, 2014
- 1 min read
deur Barbara Joubert
(6 porsies)
1 Italiaanse brood
300 g klein rosa-tamaties
olyfolie
30 g vars basiliekruid
1 geel soetrissie
1 rooi soetrissie
3 eetlepels kappertjiesaad (capers)
10 ansjovisfilette
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
2 rooi-uie, in dun skywe gesny
75 ml olyfolie
45 ml rooiwyn-asyn
Sny die brood in blokke. Verhit jou oond tot 120 °C. Plaas die broodstukke op ’n bakplaat en droog vir 20 minute uit tot lekker bros. Plaas jou tamaties in ’n klein oondbakkie en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Bak teen 180 °C vir 10- 15 minute – net tot die skil begin bars. Sny intussen die geel en rooi soetrissie in blokke. Meng nou al die bestanddele saam in ’n groot slaaibak. Laat staan vir minstens 1 uur voor jy dit voorsit sodat die brood sag word in die sous.
Opmerkingen