top of page

Pap en wors op die italiaanse manier deur Barbara Joubert

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 22, 2014
  • 2 min read

Polenta is mieliemeel wat al sedert antieke Romeinse tye gewild is in Italië. Saam met boerewors en tamaties is dit steeds ’n wenner.

genoeg vir 4 – 6

• 4 takkies vars roosmaryn, taamlik lank

• 600 g dik boerewors

• 40 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 400 g klein rosa-tamaties, gehalveer

• sout en varsgemaalde swartpeper

• hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap

• 1 liter kookwater

• 250 ml polenta (sien bl. 111)

• 100 g (110 ml) botter

• 100 g parmesaankaas, fyngerasper

Verwyder die blaartjies van ’n gedeelte van die roosmaryntakkies. Druk die takkies deur die wors om die worsspiraal bymekaar te hou (sien foto) en lekker te geur. Plaas wors in ’n pan en voeg klein bietjie water by – sowat ½ cm diep. Plaas op stoofplaat en verhit. Braai tot water weggekook het en draai wors om. Braai verder tot gaar. Verhit olyfolie in ’n ander pan en voeg ui en knoffelhuisies by. Braai tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Braai tot tamaties sag is. Voeg basiliekruid by. Kook water in die ketel en gooi 1 liter van die kookwater in ’n kastrol. Bring weer tot kookpunt bo-op die stoof. Trek kastrol af van hitte en voeg die polenta stadig by terwyl jy heeltyd roer met ’n ballonklitster. Verlaag hitte van die stoofplaat tot die laagste stelling en plaas kastrol terug op plaat. Roer polenta tot dik en voeg botter by. Roer goed deur tot gesmelt. Voeg byna al die kaas by en meng goed. Sprinkel res van kaas bo-op en sit onmiddellik voor met gaar wors en tamatiesmoor.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page