top of page

Tortano-italiaanse aartappelbrood

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 22, 2014
  • 1 min read

deur Herman Lensing

Dié brood word gemaak met ’n deeg wat oornag rys. Dit gee die brood ’n

dieper gissmaak.

2 brode

• 1 x 10 g-sakkie kitsgis

• 250 ml louwarm water

• 100 g (180 ml) koekmeel

• 170 g aartappel, gekook tot sag en fyngedruk

• 575 g (1 025 ml) broodmeel

• 420 ml water

• 45 ml heuning

• 15 g (15 ml) sout

Plaas gis, louwarmwater en koekmeel in middelslag-mengbak. Roer met

houtlepel tot goed gemeng. Sit 6 uur of oornag in yskas om te rys. Plaas

gismengsel, fyngedrukte aartappels, broodmeel, water, heuning en sout in

bak van elektriese menger. Knie op hoë spoed vir 10 – 12 minute of tot deeg in

een bal saamkom. Plaas deeg in bak wat met olie gesmeer is en laat rys op warm

plek tot dubbel die volume, sowat 2 – 4 uur. Knie die brood af en laat weer

rys vir 20 minute.Herhaal proses nog 3 keer.Vorm deeg in groot ronde bal en

sit op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Druk effens plat

en maak met jou vinger ’n gaatjie in die middel van die brood. Rek die gat groter

tot sowat 10 cm in deursnee. Sif dun lagie meel oor brood en laat rys vir nog

25 – 30 minute of tot dubbel die volume. Terwyl brood rys, verhit oond tot

220 °C.Gebruik ’n skerp mes en maak 4 snye bo-op brood. Bak vir 30 – 35

minute of tot goudbruin en gaar.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page