top of page

BITTERSOET SJOKOLADE-SOUFFLÉ

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 29, 2014
  • 2 min read

Maak agt klein of vier groot porsies.

Bestanddele:

Botter vir smeer

45ml Strooisuiker

80ml Suiker

30ml Koekmeel

160ml Volroom melk

125ml Kakaopoeier

30ml Volroom melk

2 Groot eiergele

5ml Vanielje-ekstrak

4 Groot eierwitte

Knippie kremetart

45ml Suiker

75g Donker bitter sjokolade, fyn gekap

Só maak mens:

Vroulief, plaas die oondrak een rak onder die middel en voorverhit die oond tot 190°C terwyl manlief vier groot soufflébakkies met botter smeer. Sprinkel die hele bakkie nou met strooisuiker, maak seker dis tot bo langs die kante van die soufflébakkie.

Vroulief, meng 80ml suiker, meel en sout in ’n klein kastrol, gooi nou ’n klein bietjie melk in die kastrol en meng tot ’n gladde pasta gevorm het, roer nou die res van die melk geleidelik in.

Plaas die kastrol oor matige lae hitte tot dit lyk of borrels vorm aan die kant. Hou nog so ’n rukkie aan tot dit effens verdik, roer aanhoudend, ongeveer nog 2 minute.

Gooi mengsel nou in ’n groot mengbak. Sif die kakaopoeier in en meng ook die ekstra 30ml melk, eiergele en vanielje by, roer tot jy ’n dik, gladde pasta het.

Gebruik ’n elektriese menger en klits die eierwitte en kremetart tot sagtepunt stadium. Klits die laaste 45ml suiker in en klits nou vining tot stywe punte vorm.

Vou ’n ¼ van die eierwitte in die sjokolademengsel in. Vou die res van die eierwitte asook gekapte sjokolade in totdat dit lyk of dit net-net deurgemeng is, moenie oormeng nie.

Manlief, verdeel die deegmengsel tusen die soufflébakkies, plaas op ’n bakplaat. (Die resep kan voor die tyd tot by hierdie stap voorberei word, bedek net met kleefplastiek en plaas in die yskas.)

Bak die soufflés tot dit opgepof oor die rand van die bakkie is, as jy ’n toetspennetjie insteek in die middel moet hy ’n dik laag deeg om hê, ongeveer 12 minute en as jy dit in die yskas gehad het 15 minute.

Maak met ’n eetlepel klein “duikies” bo-op en skep van die lemoenroom daarop. Bedien onmiddellik met nog ’n bietjie gerasperde lemoenskil.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page