DR OZ SE WARM FRANSE LENSIE SLAAI
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2014
- 1 min read
200 g groen (puy)-lensies, onsuiwerhede uitgehaal en afgespoel
3 takkies vars origanum, plus ¼ teelepel gekapte blare
1 medium ui
3 groot selderystingels
2 groot soetrissies (rooi, oranje of geel)
2 e ekstrasuiwer olyfolie
sout en peper
3 e rooiwynasyn
1 e vars gekapte dille, plus ekstra vir garnering
170 g babaspinasie
½ koppie fetakaas, gekrummel
Meng die lensies, origanumtakkies en 3 koppies water in ’n klein pot. Bedek en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut stadig vir 25 tot 30 minute of tot sag. Kap intussen die uie, seldery en soetrissies. Verhit 1 e olyfolie in ’n braaipan en voeg die uiemengsel by; braai vir 7 tot 8 minute of tot sag, roer gereeld. Voeg die soetrissies, 2 eetlepels water en ’n ¼ teelepel elk sout en peper by. Braai vir 5 minute of tot die soetrissies gaar maar nog bros is, roer gereeld. Dreineer die lensies, gooi die takkies weg en gooi dit in ’n bak. Voeg asyn, dille, origanumblare, uiemengsel, ¼ teelepel elk van die oorblywende sout en peper en die res van die olie by. Verdeel die spinasie tussen 4 opdienborde, skep die lensiemengsel bo-oor. Rond dit af met fetakaas en garneer met dille. - See more at:
Comments