top of page

Franse fees - met min moeite en basiese bestanddele

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 29, 2014
  • 3 min read

Met min moeite en net basiese bestanddele kan jy ‘n spoggerige Franse ete optower…

Vonkelwynkelkie

4 klein suikerblokkies

‘n Paar druppels Angostura—bitters

500 – 750 ml droë vonkelwyn

Sit die suikerblokkies in sjampanjeglase en drup 1 of 2 druppels van die Angostura bitters op elk. Laat staan eenkant. Net voor gaste opdaag, vul die glase met vonkelwyn en sit dadelik voor. Lewer vier drankies.

Diepgebraaide Camembert met bessiesous

Sit die diepgebraaide kaas met ‘n pikante sous en vars Franse brood voor. ‘n Eenvoudige, maar treffende voorgereg.

Bessiesous

250 ml vars of bevrore bessies

45 ml heuning

100 ml wit wynasyn

Sout en swartpeper na smaak

Kaas

2 ryp Camembert—kase

80 ml botter, gesmelt

125 ml koekmeelblom

2 eiers, geklits

250 ml fyn, droë broodkrummels

Olie vir braai

Vir die bessiesous: Verwerk die bessies tot glad en verhit dit saam met die heuning en asyn tot kookpunt. (Voeg water by as die sous te dik is). Geur na smaak met sout en swartpeper en laat afkoel.

Vir die kaas: Verf die kase met gesmelte botter en rol in koekmeelblom. Doop dan elke kaas in geklitse eier sodat dit heeltemal met eier bedek is. Skud die meeste eier liggies af en rol die kase in die broodkrummels. Verkoel tot benodig.

Net voor ete, verhit genoeg olie om die kase te bedek en braai elke kaas in warm olie, slegs vir ‘n paar sekondes. (Jy het net genoeg tyd nodig vir die kaas om te smelt.) Skep uit, dreineer op kombuispapier en sit warm voor met bessiesous.

Laat ‘n halwe kaas per persoon toe. Lewer vier porsies.

Oondgeroosterde lamslende

1 ontbeende lamslende, ongeveer 2 kg

Mosterdpoeier, sout en peper

Olyfolie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die vleis aan die binnekant met mosterd, sout en peper en rol op. Bind op met tou en plaas op ‘n roosterrak bo—oor ‘n oondbak. Oondrooster vir 20 minute vir elke 500 g plus ‘n ekstra 20 minute. Laat rus die vleis vir 10—15 minute voor dit gesny word.

Wenk: Jy kan die pansouse gebruik om ‘n vleissous mee te maak, indien verkies. Voeg ‘n bietjie rooiwyn en kruie by en verdik met ‘n mengsel van koekmeelblom en gesmelte botter.

Pietersielie—aartappels: Skil groot aartappels en sny in kleiner stukkies. Vorm elke stukkie rond met ‘n groentemes. Kook die aartappels in net genoeg soutwater om dit te bedek. Dreineer, sprinkel vars gekapte pietersielie en ‘n klein bietjie olyfolie oor en sit voor.

Gestoomde aspersies met suurlemoenbotter: Klits 125 ml sagte botter, 60 ml suurlemoensap en 3 ml vars gemaalde swartpeper saam. Stoom 2 handevol aspersies tot net gaar, maar steeds ferm. Skep die botter oor en skud liggies om te bedek. Sit voor met die lamsvleis en aartappels.

Crème Caramel met esdoringstroop

Esdoringstroop kleur dié klassieke Franse poeding liggies en gee ‘n besonderse geur daaraan.

Karamel

250 ml suiker

125 ml water

Vla

80 ml esdoringstroop

3 ekstra groot eiergele

1 ekstra groot eier

375 ml vars room

125 ml volroommelk

Voorverhit die oond tot 140 °C en smeer vier klein outydse jellievorms of (as jy nie oondvaste metaalvorms het nie) porselein ramekins of soufflebakkies liggies met botter. Meng die suiker en water in ‘n swaarboompan en verhit baie stadig oor lae hitte, terwyl geroer word tot ál die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en laat kook (sonder om te roer) tot taamlik donkergoudbruin. Kantel die pan af en toe sodat die karamel eweredig kan verkleur. Verdeel tussen die voorbereide bakkies en hou eenkant. Klits die stroop, eiergele en eier vir die vlamengsel goed saam. Verhit die room en melk oor lae hitte tot kookpunt en klits dit in ‘n dun straaltjie by die eiermengsel. Laat afkoel tot louwarm. Giet dit versigtig oor die agterkant van ‘n lepel op die karamellagie in die bakkies. Pak die bakkies in ‘n oondbak. Gooi warm water in die bak tot dit halfpad teen die bakkies opkom. Bak vir ongeveer 1 uur of tot die poedings ferm is. Haal uit die oond, laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel dan minstens ‘n dag lank. Keer uit op borde en sit voor.

Lewer 4 poedings.

 
 
 

Commenti


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page