top of page

Franse Hoenderkasserol deur Anton Boshoff

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 29, 2014
  • 2 min read

1franse-hoenderkasse-1317637409.jpg

Bestandele

1 hoender of 12 vlerkies opgesny in klein porsies (behou van die vel ook - vir geur) en geur liggies met hoender speserye, maar nie sout nie.

2 medium uie – dun in ringe gesny

3-4 geelwortels – in growwe stukke gesny

3 murgpampoentjies en/of groenboontjies en/of seldery gekap)

4-5 medium aartappels opgesny in kwarte of agstes

1 klein tot medium tamatie opgekap

125g klein sampioene - gahalveer

8-12 klein piekel uie – geskil maar heel

1 pakkie hoenderroom soppoeier

125ml suurroom

1 opgehoopte teelepel knoffel (crushed garlic)

Swartpeper (±1½ teelepel)

Franse tarragon kruie ±1½ teelepel

1½ teelepel droë tiemie

Sout na smaak (versigtig met die sout, die soppoeier is alreeds souterig).

Margerine of botter vir roerbraai

± 700 - 800 ml kookwater.

Metode

Smelt die margerine of botter in groot pot. Braai die hoender in die pot tot die vel lekker bruin is (ruik of jy dit sommer nou wil eet). Verwyder die hoender uit die pot en braai die uie tot ligbruin. Voeg die knoffel by en braai nog 1 minuut (as jy die knoffel te lank braai word dit bitter). Voeg die hoender weer by en roerbraai saam vir nog 2-3 minute.

Voeg die tamatie, wortels, (seldery – indien jy dit gebruik), aartappels, murgpampoentjies, piekeluitjies en kookwater by. Daar moet genoeg water wees om die meeste van die inhoud in die pot te bedek. Sprinkel mildelik met swartpeper en voeg die tarragon en tiemie by. Roer deur en hou op die stoof tot dit begin kook.

Plaas deksel op, plaas in die oond teen 180° C en bak vir 45 minute.

Na 45 minute word die sampioene en die soppoeier bygevoeg (meng eers vooraf die sopppoeier met bietjie koue water en roer die klonte uit). Vul die kookwater aan indien nodig. (Die dis moet redelik baie sous hê sodat jy dit met ‘n soplepel kan opskep.)

Bak sonder die deksel vir nog 15 minute teen 180° C. Maak seker die hoender en groente is sag.

Verwyder die pot uit die oond en roer die suurroom in, meng deeglik. Moenie weer kook nie anders sal die suurroom skif. Proe en voeg nog sout by indien benodig.

Bedien op rys en skep die sous mildelik saam met die kos. (As die kos swem in die sous is dit dalk bietjie te veel sous in die bord.) Skep met ‘n soplepel.

Van pure lekkerte mop ons die laaste sous in die bord met ‘n dik sny tuisgebakte brood, jy kan net nie stop voor dit op is nie!

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page