Franse salot tarte tatin
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2014
- 1 min read
25-50g botter
1-2 e strooisuiker
1 t fyngekapte tiemie
½ t fyngekapte roosmaryn
10 salotte, geskil en gehalveer (genoeg om jou pan te vul)
2 e balsamiekasyn
3 e rooiwyn
sout en peper, na smaak
1 pakkie skilferkorsdeeg
Verhit ‘n 15cm-gietyster pan oor matige hitte, en voeg die botter en suiker daarin. Voeg die helfte
van die tiemie by. Rangskik die uie met gesnyde kant na onder, op die bodem van die pan. Geur
met sout en peper. Besprinkel met die orige tiemie, roosmaryn, balsamiekasyn en rooiwyn. Verlaag
die hitte en laat ongeveer 10 minute stadig prut. Bedek met foelie en plaas in die oond by 170°C
vir ongeveer 20 – 25 minute. Verwyder die pan uit die oond en verhoog die temperatuur na 200°C.
Sny ‘n sirkel sowat ± 15cm deursnee uit die skilferkorsdeeg en plaas bo-oor die uie. Plaas terug in
die oond tot die skilferkorsdeeg goudbruin en bros is.
Comentários