top of page

Franse Slaai

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 29, 2014
  • 2 min read

RESEP PETER VAN NOORD FOTO’S MIKE ROSE

Vir 4 mense

Dié Franse slaai het ek een slag in Parys geëet: Dis nie jou gewone vaal blaarkonkoksie nie – met die tuna, eier, kaas, boontjies en neute kan dit maklik op ’n Saterdagmiddag ’n maaltyd wees. Veral as die Groot Eet vanaand wag…

Jy benodig

  • ’n pak gemengde slaaiblare

  • ’n hand vol roketblare

  • 1 klein rooi- of witui, middeldeur en in dun skyfies gesny

  • 1 blik (170 g) tuna, gedreineer en in stukkies gebreek

  • 1 blik (410 g) gesnyde groenboontjies (of vars gestoomde boontjies of groenaspersies)

  • Avokados! Sny hulle in dun skyfies en bedrup met suurlemoensap

  • ’n hand vol groenolywe

  • 4 hardgekookte eiers, in die lengte in kwarte gesny

  • 1 pakkie (100 g) pekanneute, liggies gerooster

  • 4 snye dag oue witbrood, korsies afgesny en gerooster

  • 1 rolletjie romerige bokmelkkaas, in skyfies gesny

  • heuning om oor te drup

VIR DIE SOUS

  • ½ koppie olyfolie

  • 2 eetlepels witasyn

  • ’n mespuntjie droë mosterd

  • sout en varsgemaalde swartpeper

Só maak jy

  • Die fondament. Rangskik die blare in ’n groot slaaibak of vier borde. Moenie skrik as dit karig lyk nie – daar’s nog baie wat kom.

  • Deur die blare. Pak nou die res van die bestanddele – uie-ringe, tunastukke, boontjies, avokadoskyfies, olywe, eierkwarte en pekanneute – tussenin.

  • ’n Skeut sous. Klits die be-standdele vir die slaaisous goed saam en drup ’n bietjie oor elke bord slaai. Nie te kwistig nie.

  • En die kersie op die koek… Pak die brood op ’n oondpan en sit ’n kaasskyfie op elkeen. Druk dit vir twee minute onder die oond se roosterelement sodat die kaas lekker sag word en die brood verder rooster. Rond elke slaaibord af met ’n brood-en-kaastorinkie en drup ’n bietjie heuning oor elkeen.

003614.jpg

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page