Jeandri se Franse poeding (Clafoutis)
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2014
- 1 min read

2 x 400g blikke ontpitte kersies
gerasperde skil van 1 suurlemoen
100ml koekmeel
45ml suiker
knypie sout
3 eiers
450ml melk
1 teelepel vanielje
versiersuiker vir garnering
Meng die koekmeel en suiker.
Voeg bietjie van die melk by en roer tot 'n romerige pasta.
Voeg die res van die melk by, asook die eiers, sout en vanielje.
Klits goed.
Dreineer die kersies, maar behou die vloeistof.
Spuit 'n oondbestande bak met 'n kleefwerende middel.
Pak die kersies onderin die bak.
Sprinkel die gerasperde suurlemoenskil oor.
Bedek met die beslag.
Bak oop in oond vir 40 minute teen 190grade.
Verhit die kersievloeistof, voeg suiker by na smaak en roer tot dit dik word.
Bedien die sous koud of warm saam met die nagereg.
Comments