top of page

ST GEORGE-HOENDER MET PANCETTA & KAPPERTJIESADE

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 29, 2014
  • 2 min read

bd4435911d7b4b28bf4df683fb39dd98.jpg

Sjef, kosskrywer, skrywer van vyf boeke, en lief vir Frankryk – dis Marlene van der Westhuizen. Sy spandeer so drie maande per jaar in Charroux, Auvergne, by hulle kothuis en nooi vier groepe gaste per jaar om saam met haar op dié Middeleeuse dorpie te woon, kos op markte te koop en dan voor te berei.

Vir haar is Sondae kuier-dae, en hoender is altyd ’n wenner. Dié resep kom uit haar nuwe boek Oorvloed (Human & Rousseau/Bookstorm), wat in September gepubliseer word.

ST GEORGE-HOENDER MET PANCETTA & KAPPERTJIESADE

6 elk hoenderdye en -boudjies

3 e goeie olyfolie

1 e botter

150 g pancetta (of gewone spek), in blokkies gesny

75 g klein kappertjiesade

4 knoffelhuisies, gekap

bouquet garni (roosmaryn, pietersielie, 2 lourierblare en tiemie saamgebind)

500 ml droë witwyn

500 ml hoenderaftreksel

sout en varsgemaalde peper

’n hand vol vars salie

Smelt die botter en 1 e van die olyfolie in ’n swaarboomkastrol en meng die pancetta daarby. Roer oor ’n matige hitte tot die vet begin uitbraai. Sit die hoenderstukke in die kastrol en braai bruin. Voeg die kappertjiesade, knoffel, bouquet garni en wyn by en laat vir so 15 minute rustig prut voor jy die hoenderaftreksel byvoeg.

Laat prut vir nog 40 minute of tot die hoender heeltemal sag is en die vloeistof tot ’n romerige sous ingekook het.

Verhit intussen die res van die olyfolie in ’n pan en braai die salieblare baie vinnig in die vuurwarm olie. Dreineer die bros salieblare op kombuispapier.

Haal die bouquet garni uit en skep die hoender in ’n mooi vleisskottel. Skep die pancetta-en-kappertjiesaad-sous oor.

Garneer met die bros salie-blare en bedien in sopbakke met romerige polenta (slap Italiaanse mieliepap).

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page