VICHY WORTELS
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2014
- 1 min read
Bedien twee tot vier mense.
Bestanddele:
250g Wortels, geskil
1,25ml Sout
3,75ml Suiker
15ml Botter
15ml Vars pietersielie, gekap
Só maak mens:
Vroulief, sny die wortels in dun repies, skyfies of gebruik weer die mandolien en sny langwerpige skywe, soos linte, uit die wortels.
Manlief, bring ’n mediumgrootte kastrol gevul met water tot kookpunt. Gooi die wortels in die kookwater, kook vir 5-8 minute. Wortels moet nie pap gekook word nie, maar heeltemal hulle vorm behou.
Gooi in vergiettes en dreineer al die water, gooi terug in pot, en oor lae hitte roer die botter, suiker, sout en pietersielie in vir ’n minuut.
Verwyder van hitte en bedien onmiddellik.
Comments