top of page

Hoisin-eendpannekoeke

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Aug 1, 2014
  • 2 min read

Hoisin-eendpannekoeke Hoisin-eendpannekoeke Hoisin-eendpannekoeke

(bedien 8)

Die resep is losweg gegrond op die gewilde Peking-eend van China. As jy nie tyd het om die eend en Mandaryn-pannekoeke te maak nie, koop dit by ʼn Oosterse spesialiteitswinkel of Chinese restaurant.

2.5 kg eend

2 e heuning

½ k Hoisin-sous

24 Mandarynpannekoeke*

8 sprietuie, in repies gesny

½ kom kommer, in repies gesny

24 grasuie, in kookwater geblansjeer

Sny vet en vetstertjie van die eend af. Gooi in kookwater vir 2-3 minute – dit sal die vel stywer trek. Haal uit en maak goed droog. Meng die heuning met ʼn bietjie water en verf die eend. Laat staan agt ure onbedek in die yskas. As jy meer tradisioneel te werk wil gaan, hang dit in ʼn droë, koel en lugtige plek.

Voorverhit die oond by 200˚C. Sit die eend, borskant na bo in ʼn oondbak in die oond en bak 1½ uur. Dit moet goudkleurig wees. As dit te donker word, bedek met foelie. As jy dit uit die oond haal, laat afkoel en sny in dun snye.

Smeer ʼn teelepel Hoisin-sous op elke pannekoek, sit ʼn paar repies sprietuie, komkommer en eend (met die vel) by. Rol in ʼn pannekoek en bind dit met die geblansjeerde grasuie vas. Vou die kant van die pannekoeke in om te verhoed dat die vulsel uitval.

*Mandarynpannekoeke

Dit is veel makliker om dié te koop, maar hier is die resep vir die flukses: Sif 450g koekmeel in ʼn bak. Voeg 300ml kookwater en 1 E olie by. Knie tot ʼn ferm deeg. Bedek en laat 30 minute staan. Knie 10 minute tot glad op ʼn meelbestrooide oppervlak of in ʼn verwerker met ʼn deeghaak. Deel die deeg in drie, rol elk in ʼn worsvorm en sny in 8-10 stukke. Vorm elkeen in ʼn bal en druk platterig. Gebruik ʼn koekroller en rol elkeen in ʼn 15cm pannekoek. Verf een van die pannekoeke met ʼn bietjie sesamolie en plaas nog een bo-op. Verhit ʼn ongeoliede wok of braaipan oor hoë hitte, verminder na laag en sit die pannekoekpare in die pan. Draai sodat dit liggies bruin braai aan elke kant. Haal uit en maak die twee dele versigtig uitmekaar. Vou elkeen in die helfte met die bruin kante buite. Stoom 10 minute net voor gebruik (die ongestoomde pannekoeke kan twee dae in ʼn yskas of tot vier maande in ʼn vrieskas geberg word. Stoom net so gevries wanneer jy dit benodig).

 
 
 

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page