top of page

Sjinese dim sum-varkrolletjies

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Aug 1, 2014
  • 2 min read

Sjinese dim sum-varkrolletjies

Sjinese dim sum-varkrolletjies Sjinese dim sum-varkrolletjies Sjinese dim sum-varkrolletjies

Hierdie was Carol se Oktober Tuin-tot-Tafel ONTHOU-dis, omdat mens dit kan vries. Dim Sum is natuurlik klein Sjinese happies wat saam met tee geniet word. Dit kan soet of sout wees en vries goed. Carol het dit in ‘n sop bedien. PUT LINK TO RECIPE

Dim sum-deeg

150g koringstysel *

30g tapiokameel*

knippie sout

1 k kookwater

1 t olie

Vulsel

300g varkmaalvleis of varkworsies uitgedruk

1 e ryswynasyn

1 t suiker

60ml sojasous

1 e gekapte grasuie

250g kool, gekap en geblansjeer

2 t olie

1 e gerasperde vars gemmer

1 t fyngekapte knoffel

40g tatsoi, gekap

knippie sout

Plaas die droë bestanddele in ‘n bak en voeg die kookwater geleidelik by. Meng tot ‘n ferm deeg, smeer olie aan jou hande en knie die deeg glad en blink. Bedek met ‘n klam lap of kleefplastiek en laat toe om 20 minute te rus.

Meng al die bestanddele vir die vulsel goed.

Strooi ‘n lagie koringstysel op die oppervlak en vryf ‘n lagie oor ‘n rolstok. Knyp klein stukkies deeg af en rol dun sirkels uit. Plaas ‘n teelepel vulsel in die middel van die sirkel, bring die rante bymekaar en knyp liggies toe.

Plaas ‘n mediumgrootte kastrol half gevul met water op die stoof en plaas ‘n bamboesstoommandjie bo-op. Bring die water tot kookpunt en plaas ‘n vel bakpapier in die stoommandjie. Plaas die dim sum-rolletjies bo-op die bakpapier, sit die deksel op en stoom tot die deeg deurskynend is.

Bedien die dim sum met ‘n bypassende doopsous soos gekoopte soya-, hoisin- of soetrissiesous of in ‘n geurige sop.

*verkrygbaar by gesondheids- en Oosterse winkels.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page