top of page

Annatjie se skaapafval

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 3, 2015
  • 2 min read

skaapafval.jpg

1 skoongemaakte en ontbeende skaapkop (die harsings moet uit die kopbeen gehaal en in die blaarpensie toegedraai en vasgebind word)

1 skaappens, silwerskoon en in repe of blokkies gesny (behalwe die blaarpens wat vir die harsings gehou word)

4 skaappootjies, goed skoongemaak en die kliere tussen die kloutjies verwyder

1 kleinerige skaapnek, in 2 gesny

1 groot ui, in ringe gesny

sout na smaak (afval moenie te sout wees nie)

grof gemaalde swartpeper

sowat 5 ml grof gemaalde of gestampte koljander

knippie vars gemaalde neutmuskaat

6 middelslag aartappels, geskil

Sit al die bestanddele, behalwe die aartappels, in ‘n swaarboomkastrol en gooi sowat 2 koppies water by.

Kook stadig op die stoof.

Onthou, die afval sal lank neem.

Sorg dat die watervlak reg is – jy wil genoeg water hê om die afval sag te kook, maar nie sop maak nie.

Sit die plaat ná 1½ uur af en laat die afval afkoel.

Proe en geur met sout indien nodig.

As jy kerrie-afval wil maak, braai 15 ml kerriepoeier en 15 ml borrie vir 1 minuut in ’n bietjie olyfolie.

Gooi 125 ml kookwater by, meng goed en voeg by afval. Roer goed deur. Sit die afval terug op die stoof en kook verder tot sag.

Hou die watervlak dop – dit moet lymerig wees.

Kook intussen die aartappels halfgaar en wanneer die afval sag word, sit die aartappels bo-op en kook saam vir minstens 10-15 minute.

Skep die afval in ‘n plat oondbak en sit vir 10-15 minute in ‘n warm oond teen 180 °C om mooi bruin te word.

Die geheim is om die afval te laat rus tydens die kookperiode, m.a.w. kook die eerste fase vandag en die laaste fase môre.

So kry jy die lymerige produk wat jy wil hê.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page