Bobotie-blokkies
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(8 – 10 porsies)
2 snye bruinbrood
250 ml melk
30 ml sonneblomolie
2 uie, in skywe gesny
15 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 kg maalvleis
30 ml bruinasyn
10 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
2 eiers
250 ml karringmelk
lourierblare
Verhit jou oond tot 180 ºC. Week die bruinbrood in die melk. Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die uie tot sag en bruin. Voeg die appelkooskonfyt, kerriepoeier en borrie by. Braai vir sowat drie minute. Meng die geweekte brood, vleis, uiemengsel en bruinasyn goed in ’n bak. Geur met sout en swartpeper. Sit die vleismengsel in ’n oondbak van 30 x 100 cm. Klits die eiers en karringmelk saam en gooi oor die vleis. Bak vir sowat 45 minute. Haal uit en sny in blokkies. Vir garnering kan jy ’n vars lourierblaar in elke blokkie druk. Sit by kamertemperatuur voor met blatjang.
Opmerkingen