Bruin-beskuit
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

Een broodpan
(18 stukke)
500 g semelryke bruismeel
2,5 ml sout
250 g botter
200 g suiker
250 ml karringmelk
1 eier
Twee broodpanne
(36 stukke)
1 kg semelryke bruismeel
5 ml sout
500 g botter
400 g suiker
500 ml karringmelk
2 eiers
Verhit jou oond tot 180 °C. Gooi die semelryke bruismeel en sout in ‘n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker by en meng goed. Klits die karringmelk en eier(s) saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpan(ne) en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met ‘n toetspen en maak seker hy kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur teen 120 °C uitdroog. Ek droog gewoonlik my beskuit oornag in die oond uit.
Comments