Bunny chow
- The Rainbow Team
- Feb 3, 2015
- 1 min read

(4 porsies)
30 ml sonneblomolie
1 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
1 ui, grofgekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml vinkelsaad, gestamp met stamper en vysel
10 ml komyn
10 ml koljander
15 ml garam masala
5 ml fyn kaneel
3 ml gemmer
3 kardemompeule
1 ml droë brandrissievlokkies
15 ml borrie
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 blik (400 ml) klappermelk
sap van 1 suurlemoen
250 ml water
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 witbrode, om voor te sit
Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in oondkastrol. Braai vleis bietjie-bietjie en hou eenkant. Gebruik nog ‘n bietjie olie (indien nodig) en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg knoffel en al die speserye by. Braai vir so een minuut. Voeg geblikte tamatie, klappermelk en suurlemoensap by. Voeg vleis en water by. Geur met sout en swartpeper. Plaas vir so 2 uur in warm oond totdat vleis lekker sag is. Hou dop – as die vloeistof wegkook, kan jy nog water byvoeg. Halveer brode en hol hulle uit. Skep van die kerrie in en sit ‘n halwe gevulde brood per persoon
voor, met atjar en blatjang.
WENK
Die vleis moet liefs by kamertemperatuur wees wanneer jy dit begin braai. Daar sal dan nie so baie vleissappe uitbraai nie.
Om te drink: ‘n eg suid-Afrikaanse bier soos Castle.
Comentarios